President Kruger Kinderhuis

 

President Kruger Kinderhuis Pretoria is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat ons toespits op die versorging van kinders in ‘n Afrikaans Christelike milieu.

Die President Kruger Kinderhuis Pretoria is gestig in 1939. Ons kinders word by ons geplaas met ‘n hofbevel as gevolg van trauma en versorgingsverwante oorsake.

 

 

 

Ons Norme en Waardes

 

 

Missie

Die missie van die President Kruger Kinderhuis Pretoria is om kinders tot hul volle potensiaal te laat ontwikkel deur ‘n hoë standaard van Fisiese, Geestelike, Emosionele, Opvoedkundige, Terapeutiese en Skolastiese versorging te bied. 

 

Visie

Die visie van die President Kruger Kinderhuis Pretoria is om kinders, uit behoeftige en getraumatiseerde gesinsomgewings, deur Christelike norme en waardes te begelei tot volwaardige jong volwassenes wat hulself in die samelewing kan handhaaf. 

 

 

Ons Gallery

Opkomende Gebeure

Skakel ons om betrokke te raak.

Maak Kontak Met Ons

Ons wil graag van u hoor.

 

[contact-form-7 id=”6719″]