top of page

Wie ons is!

Gestig in 1939 en vandag geleë in 31ste Laan, Villieria Pretoria, is die President Krugerkinderhuis Pretoria geregistreer om 63 kinders te versorg – 36 dogters en 27 seuns vanaf die ouderdomme 2-18 jaar.

 

Kinders word in ons sorg geplaas deur middel van ‘n wettige hofbevel as gevolg van versorgingsnood en trauma verwante oorsake in huisgesinne.

​

Wat doen ons hier.

Visie

Ons visie is om met die Woord van God as fondament hulpbehoewende kinders deur middel van ‘n omvattende opvoeding en versorgingsprogram gedryf deur ‘n goed opgeleide personeelkorps te begelei na ‘n verantwoordbare, ordelike bestaan binne toekomstige gemeenskappe.

Huishoudelike sorg

Ons visie word nagestreef deur die bereiking van bepaalde doelwitte naamlik:

Die voorsiening van basiese huishoudelike sorg wat insluit:

  • Voedsel

  • Kleding

  • Higiëne

  • Veilige behuising

  • Mediese sorg

  • Skolastiese versorging en

  • Geestelike versorging

Omvattende Opvoedkundige Dienste

  • Die bied van ‘n omvattende opvoedkundige – psigo-sosiale diens deur ons Potensiaal Ontwikkelingsentrum.

  • ‘n Holistiese terapeutiese maatskaplike diens;

  • ‘n Onafhanklike leefprogram aan ons naskool jeug en ‘n

  • Ge-organiseerde buitemuurse program.

Ons verbind ons tot die ontwikkeling, uitbreiding en voortbestaan van ons Afrikaanse taal en sy kinders en daarom maak ons huis voorsiening vir kinders wat in die Afrikaanse taal opvoeding en onderrig kan en wil ontvang.

As ‘n Nie-Regerings Organisasie is ons geregistreer as ‘n Organisasie sonder winsmotief en ook as ‘n Openbare Weldaadsorganisasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, wat ons toelaat om ‘n artikel 18a belastingsertifikaat te kan uitreik, waarop donateurs ‘n belastingkorting kan ontvang.

Children Playing Outdoor
bottom of page