Meer Oor Ons

 

Missie

Die missie van die President Kruger Kinderhuis Pretoria is om kinders tot hul volle potensiaal te laat ontwikkel deur ‘n hoë standaard van Fisiese, Geestelike, Emosionele, Opvoedkundige, Terapeutiese en Skolastiese versorging te bied. 

 

 

 

Visie

Die visie van die President Kruger Kinderhuis Pretoria is om kinders, uit behoeftige en getraumatiseerde gesinsomgewings, deur Christelike norme en waardes te begelei tot volwaardige jong volwassenes wat hulself in die samelewing kan handhaaf.

 

 

Interessante Feite Oor President Kruger Kinderhuis Pretoria

 

Nie-winsgewende Organisasie

President Kruger Kinderhuis Pretoria is ‘n geregistreerde nie-winsgewende Organisasie wat ons toespits op die versorging van kinders in ‘n Afrikaanse Christelike milieu.

 

 

 

Ons kinders word by ons geplaas met 'n hofbevel.

Ons kinders word by ons geplaas met ‘n hofbevel as gevolg van trauma verwante oorsake onder andere verwaarlosing, gesinsgeweld, verslawing ens.

 

 

Holistiese Versorging

Versorging sluit in geestelike versorging, daaglikse versorging, mediese versorging, skolistiese versorging en finansiële versorging.

 

President Kruger Kinderhuis Pretoria is gestig in 1939.

 

 

 

 

 

Die Kinderhuis is geregistreer om 63 kinders te versorg.

 

 

 

 

Ons het 'n nasorg program vir ons naskoolse kinders.

Ons het ‘n nasorg program vir ons naskoolse kinders wat tersiêre opvoedkunde insluit asook plasing van kinders in ‘n geskikte werksomgewing.

Stories Van Sukses

Jaco

Jaco is as jong kind in die President Kruger Kinderhuis opgeneem, waar hy tot na skool woonagtig was. Tipies seun, was hy nie baie lief vir die boeke nie en het hy maar die grense getoets met sy dissipline. Rondom graad 11 begin ‘n metamorfose intree en drome van ‘n eie geselsprogram gestalte aanneem. Die uitsaaiwese begin hom roep en op sy eie, reël hy vir homself ‘n afspraak by ‘n bekende radiostasie, met opdrag aan die maatskaplike werker om hom na die belangrike afspraak te vergesel.

So slaan die uitsaaiwese sy voete onder hom uit en na ‘n opwindende middag in die ateljee is dit die droom wat hy koester om eendag self daardie stoel vol te sit. Hy bring dan ook kort daarna sy eie geselsprogram by die skool op die been en tree op by sportbyeenkomste. Almal geniet sy kwinkslae en hy floreer.

Na skool maak hy egter eers ‘n draai in die onderwys as onderwysassistent voordat sy pad met die van die besturende direkteur van ‘n bekende Afrikaanse radiostasie kruis en die geleentheid van ‘n leeftyd in 2014 oor sy pad kom.

Hy begin sy internskap by die betrokke radiostasie en vaar so goed dat hy binne ‘n kort tyd na die nuuskantoor skuif. Vandag is hy ‘n aanbieder, verslaggewer en programregisseur vir ‘n laatmiddag aktualiteitsprogram en baie gewild onder luisteraars waarvan die Kinderhuis sy grootste bewonderaar is.

Ons is sooo trots op hom!

 

 

 

 

 

 

 

Tricia

Tricia is op 5 jarige ouderdom saam met haar boetie van 3 jaar in die Kinderhuis opgeneem nadat hulle deur hul moeder in die sorg van hul grootouers gelaat en sy uit hul lewens verdwyn het.

Met verloop van tyd het die grootouers dit al moeliker gevind om na die kinders om te sien en is hul in die kinderhuis opgeneem. Tricia het egter nooit toegelaat dat haar verlede bepaal wie en wat sy uiteindelik word nie.

Met haar mooi, sagte geaardheid was sy altyd vriendelik en goedgesind teenoor ander, hulpvaardig en pligsgetrou. Sy was gewild onder sowel die Kinderhuis inwoners as mede-leerlinge by die skool. Met haar natuurlike talent vir dans en aanvoeling vir ritme het sy en haar boetie altyd die Kinderhuis personeel en inwoners asook met skoolrevue’s almal met hul danspassies vermaak.

Sy voltooi haar skoolloopbaan suksesvol in 2015, waarna sy as student aanbly in die Kinderhuis terwyl sy ‘n kurses in algemene verpleging volg voordat sy die geleentheid ontvang om as aptekersassistent opgelei te word binne die apteekgroep van ‘n bekende winkelgroep. Dit bied haar ook die geleentheid om haar vlerke te sprei en sy verlaat die Kinderhuis om haar eie nessie te skrop.

Vandag is sy ‘n volwaardige aptekersassistent en gewild onder kliente wat gereeld by haar inloer. Tricia is nie skaam oor haar agtergrond nie en is ‘n gewilde en geliefde kuiergas by die Kinderhuis. Ons is super trots op haar!

 

Ons Personeel-Span

Foto’s Volg Binnekort

Die Verskil Wat Ons Maak

Raak Betrokke

[contact-form-7 id=”6719″]